Die Bou Van ‘n Lewenslange Perspektief Van Wysheid

Die Bou Van ‘n Lewenslange Perspektief Van Wysheid

Deur Angela | Maart 1, 2017

week-6-woensdag

wk06d03

Wanneer ek terugkyk na my lewe, besef ek dat ek nie regtig baie daaraan gedink het om ‘n ma te wees nie. Ek wou graag trou, maar het nooit werklik kinders in die prentjie in my verbeelding ingebring nie! Jy kan sê … my visie van die toekoms het perspektief gekort.  Perspektief is ‘n woord met ‘n Latynse oorsprong, wat beteken dat mens deur ‘n omstandigheid kyk om iets te sien—om iets waar te neem.  Wanneer ons sê dat iemand perspektief het, dan beteken dit dat hulle na die wêreld kyk vanuit ‘n regte perspektief, dat hulle in staat is om die lewe en die verskillende aspekte van elke situasie te verstaan. Wanneer ek met ma’s gesels, besef ek dat meeste van ons moederskap betree sonder perspektief.  Perspektief sou ons gehelp het om te weet dat alle kinders baie werk sal vereis, dat alle huwelike verbintenisse sal wees tussen twee sondige mense wat God se genade nodig het, en dat alle lewens baie geloof en lydsaamheid en genade sal benodig.

Geloof gee vir my die perspektief om die lewe te sien as ‘n langtermyn reis. Spreuke 31 gee vir ons ‘n pragtige beeld van wat ‘n vrou met perspektief kan wees:

‘n Knap vrou is baie werd,

baie meer as edelstene.

Haar man steun op haar

en pluk die vrugte van haar werk.

Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie,

haar hele lewe lank.

Sy maak wol en vlas bymekaar

en geniet dit om dit te verwerk.

Sy is soos die handelskepe,

sy bring die kos van ver af in.

Sy pak die werk aan met krag,

haar hande staan vir niks verkeerd nie.

Sy stel vas of die wins goed is,

haar lamp bly heelnag brand. …

Sy het ‘n oop hand vir die armes,

sy is vrygewig teenoor die behoeftiges.

Sy is gerus oor haar huisgesin as dit sneeu:

hulle dra almal warm klere.…

Alles aan haar spreek van ‘n sterk

en edel persoonlikheid;

Sy ken geen kommer oor die toekoms nie.

As sy praat, is dit met wysheid;

as sy leiding gee, is dit met liefde.

Sy hou goeie toesig oor haar huishouding;

lui is sy nie.

Haar kinders prys haar,

haar man bewonder haar:

“Daar is baie knap vrouens,

maar jy oortref hulle almal.”– Spreuke 31:10-31

Dit is God se ontwerp vir ‘n vrou met perspektief! Oor baie jare het ek so ‘n bewondering ontwikkel vir my man, Clay.  Ons is baie verskillend en het albei ons sterk punte en swakhede en ek weet dat hy waardeer wat ek na ons huis kan bring as ‘n vrou wat wandel met God.

Toe my kinders jonk was, het ek somtyds onseker en skuldig gevoel.  Ek het gevoel soos ‘n slagoffer wanneer die kinders die huis deurmekaar gemaak het, of as iemand baie siek was, en net nie beter geword het nie—té dikwels het ek gereageer, in plaas daarvan om my moue op te rol en te besluit om ‘n goeie gesindheid en vertroue te hê; om te besluit wat my gedrag gaan wees selfs voordat die moeilike dinge gebeur.

Die waarheid is, selfs al is jy somtyds in die versoeking om soos ‘n slagoffer te voel, het God vir jou groot krag gegee, en is jy waarlik in staat om baie meer te bereik as wat jy dink jy kan.  Jesus bid vir jou.  Die Gees vul jou.  Jy kan leef in die genade van God!  Om dit te kan doen, moet ons Sy Woord bestudeer.

Ek het vir my kinders Psalm 1 geleer toe hulle baie jonk was. Dit is een van ons familie se gunsteling psalms, en ek hou baie van vers 1:

Dit gaan goed met die mens

wat nie die raad van goddeloses volg nie,

nie met sondaars omgaan

en met ligsinniges saamspan nie,– Psalm 1:1

Met ander woorde, geseënd is die man wat nie homself of haarself toelaat om na die raad van goddeloses te luister nie. Na watter stemme luister ons? Psalm 1 gaan voort deur te sê dat ons nie op die weg van euwel moet wandel nie—ons moet ook nie diegene wat op daardie weg wandel, verdra nie.  Ons moet dit nie net oorsien, of net wegkyk en aanhou om tyd deur te bring met diegene wat ‘n lewe en wysheid buite en weg van God se weë soek nie.

Psalm 1 waarsku ons ook om nie met ligsinniges om te gaan nie—diegene wat oordeel en kritiseer; diegene wat sinies is, of wat ander afkraak, of bytend teenoor ander is nie. Daardie gesindheid behaag God nie, en as ons ‘n Goddelike perspektief wil ontwikkel, moet ons ons nie daarmee besig hou nie.

Ons wandel in Christus se lig.  Ons kan Hom vra om ons te verlig, om ons Sy wysheid te gee deur Spreuke en die gelykenisse, en deur die lesse van Jesus. Hoe verkry ‘n vrou perspektief en vertroue, en wandel sy met waardigheid—al die dinge in Spreuke 31?  Sy wandel met God, en vertrou in Sy leiding in haar lewe, en verwerp die stem van die wêreld.

Jou pad is ‘n reis van onvolwassenheid na sterkte, sodat jy ‘n vrou kan wees wat haar huis bou en haar invloed uitreik na ander; wat die regverdigheid van God aan ander leer.

Wat is jou perspektief?  Is jy ‘n slagoffer van omstandighede?  Of is jy bewus daarvan dat God met jou is, en dat Hy jou help soos jy beweeg deur daardie dinge wat in jou lewe gebeur, sodat jy meer geduldig en getrou en sterk word, en ‘n toonbeeld vir jou kinders kan wees.

Met liefde,

Sally Clarkson

_________________________________________________________________________________

Reg deur die Skrif lees ons verhale van gebroke mense. Maar die skoonheid van God se Woord is dat dit nie net ‘n verhaal van tragedie is nie. Reg deur die Bybel is ook die grootste verhaal van verlossing geweef. In hierdie ses-weke  Lief God Grootliks studie, word jy uitgenooi om die goedheid van God te sien soos Hy Sara onthou deur haar jare van onvrugbaarheid. Kom sien hoe Hy vir Naomi sorg wanneer sy verlies en eensaamheid  moet hanteer. Kom sien ons groot God wat vir Moses moed gegee het, vir Paulus ware ywer, en vir die vrou wat egbreuk gepleeg het, vergifnis en die kans op ‘n nuwe lewe. Al  die mense wat ons sal bestudeer – en ons ingesluit – het harte en siele wat redding nodig het. Uiteindelik sal ons vind dat die antwoord vir al ons gebrokenheid – maak nie saak wie ons is of wat ons gedoen het nie – is Christus self. So nooi jou vriendinne, maak jou bybel oop en laat ons saam verjeug met die gebrokenes en verlosdes van God.

Ons volgende studie: GEBROKE EN VERLOS begin 13 Maart!

17016822_10154366586487467_1933089544427696823_o

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse