Die Beloofde Messias – Inleiding

Waarom maak God beloftes? Ons maak dikwels beloftes wat ons nie kan nakom nie en ons is al almal seergemaak deur verbreekte beloftes. Dit is maklik om te begin wonder of dit die moeite werd is om enige belofte te glo.

Maar God is anders. Wanneer Hy ‘n belofte maak, het Hy alreeds ‘n plan om dit na te kom.

God maak nooit ‘n belofte wat Hy nie van plan is om na te kom nie, veral wanneer dit kom by ons ewige verlossing. God maak baie beloftes, beloftes om ons bemoedig, te seën, toe te rus, te dissiplineer en vir ons te sorg. Hy maak beloftes wat vir ons hoop, doel en betekenis gee.

Hy is ‘n Beloftehouer.

Die grootste belofte wat Hy gemaak het was om ‘n Messias, ‘n Redder te stuur wat sy mense van sonde en dood sou red. Hierdie Messias sou op ‘n spesifieke tyd in die geskiedenis gekom het om alles wat God oor Hom gesê het, te vervul.

Toe God ‘n belofte gemaak het om ‘n Messias te stuur om sy mense van sonde te red, het Hy reeds ‘n plan gehad om dit te doen. God het nie net een belofte gemaak om ‘n Messias te stuur nie, maar Hy het ook baie beloftes aan sy mense gemaak oor hoe Hy dit sou doen. Hy het nie net vir sy mense laat weet dat die Messias gaan kom nie, maar ook hoe Hy in die wêreld sou kom en wat Hy sou doen, sodat hulle geweet het waarvoor om uit te kyk.

Terwyl ons hierdie Adventseisoen ons harte voorberei om Kersfees te vier, kom ons fokus op God se vervulde beloftes. Hy het belowe om ‘n Messias te stuur en Hy het elke enkele belofte wat Hy gemaak het oor die Messias nagekom. Jesus, die Christus-kind, het gekom as ‘n baba en opgegroei tot ‘n man, ‘n man wat ten volle God en ten volle mens was, ‘n man wat God se mense sou red van sonde en dood as die vervulling van God se grootste belofte.

Ons God is ‘n Beloftehouer.  

Ons God is ‘n Beloftehouer. Al sy beloftes is “ja” and “amen” in Christus! Jesus, die grootste belofte vervul, is ons Messias, ons Verlosser, ons Hoop en ons Vrede.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs