Die Belangrikheid Van Ons Karakter En Gedrag

Deur Jen | September 15, 2017 | 1 & 2 Timoteus

Toe Paulus vir Timoteus agtergelaat het as ‘n predikant in die kerk in Efese, was die jong man geforseer om moeilike sake te hanteer wat onder die mense van God ontstaan het. En al het Paulus beplan om hom vinnig te kom besoek, was sy hart so swaar vir die mense van hierdie kerk, dat hy alles neergeskryf het en aan Timoteus gestuur het as ‘n brief.

‘n Deel van Paulus se kommer was hoe hierdie mense hulself gehandhaaf het as die kerk. Christelike karakter en optrede was vir Paulus belangrik. Maar het jy al ooit gewonder hoekom dit so belangrik is? Is dit regtig so belangrik om ‘n klomp reëls te volg?

Ongeag of ons vir Jesus volg of die wêreld volg, ons moet reëls nakom en ‘n sekere standaard van lewe volg. Moord, diefstal, leuens, kullery en verskillende tipes mishandeling is universeel onaanvaarbaar. Maar vir die wêreld is dit onaanvaarbaar, want dit veroorsaak chaos en dit versteur die vreedsame lewe waarna mense smag. Baie van die wêreld se denke word gedryf deur selfliefde. Dit is nie noodwendig ‘n slegte ding nie, maar dit is nie die beste ding nie.

As Christene het ons gedragsreëls waaraan ons moet voldoen – nie oor wat ons uit dit kan kry nie – maar oor wie God is en wie ons as Sy mense is.

Wanneer God ons beveel om nie te steel nie, maar goedgunstiglik met ander te deel, is dit omdat Hy ‘n goedgunstige God is wat nooit vat wat nie Syne is nie. Wanneer God ons vra om opofferend lief te hê, of ten volle te vergewe, is dit omdat dit is wat Hy doen. Wat God doen, vloei uit Wie Hy is. En wanneer God ons roep om heilig te leef, is dit nie net omdat Hy heilig is nie, maar omdat ons nou Sy heilige mense is, skoongewas en geregtig verklaar voor God, deur die werk van Sy Seun, Jesus. Ons was vroeër mense wat deur selfsug gedryf is. Nou is ons gered om mense te wees wat gedryf word deur liefde vir God en ander. Die roeping om reg te leef volgens God se standaarde, is ‘n roeping tot godsvrug. Godsvrug is om soos God te wees. Ons word geroep om die God wat ons gered het, wat vir ons sorg, ons hoor en ons verander, te reflekteer.

Uiteindelik word ware godsvrug gesien in Jesus. Hy is die “misterie van godsvrug”, want Hy was eers verborge, maar nou het Hy vlees geword en is Hy godsvrug verpersoonlik, en Sy godsvrug word oorgedra aan ons. Dit is wat ons aanneemlik maak vir God. En dit is hierdie aanneemlikheid wat ons die vryheid gee om ons Here te gehoorsaam.

As Christene en as die Kerk moet ons op so ‘n manier optree wat ons veranderde harte, ons dankbaarheid vir ons redding en ons liefde vir die Een wat vir ons gesterf het, wys.

Kyk na Jesus,

 

 

 

 

 

 

_________________________

Vriende.

Ek en Jerine is deur Love God Greatly genooi om na Dallas, VSA te kom vir opleiding vanaf die 20ste September tot die 27 September 2017. Hierdie opleiding word geborg en soos julle weet is ons studiemateriaal gratis, en wil ons borge graag weet wat dit vir mense beteken om hierdie studies in hulle eie tale te hê, en hoe hierdie studies lewens verander. Ons kom met ‘n versoek en wil graag van julle weet hoe hierdie studies julle lewens verander het, en wat dit vir julle beteken om hierdie studies in Afrikaans te kan doen. Julle kan ‘n boodskap hieronder los of vir ons ‘n privaat boodskap stuur by [email protected]. Dit hoef nie lank te wees nie. Selfs twee of drie sinne sal baie beteken.

Ons wil ook net vir julle in kennis stel dat daar vir die twee weke wat ons weg is nie ‘n blog gaan wees nie, ons gaan nie die tyd hê om die blogs te vertaal nie. Julle kan die Engelse blogs gaan lees by https://lovegodgreatly.com/lgg-blog/

Liefde Velia en Jerine.

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse