Deur druk in die Ondankbare

23 Januarie 2015

Clipboard02

Hoe meer ek gegee het, hoe meer het sy gevat. Sy het nie eers dankie gesê nie. Sy het my nie in die oë gekyk nie. Sy het gevra en ek het gegee. Ek het my tyd, my energie, en my geld gegee. Vir maande aan een, het ek in myself belê, maar is ontmoet met onbankbaarheid in die gesig. Ek het teruggeval en weg geloop.-

10698393_10204628716852219_3182015887148473790_n

Ek is deur en deur ‘n gewer. Dit is in my DNA. Ek sal met graagte my kos, my besittings, my boeke, selfs die hemp op my rug gee {laat ek gou ‘n ander een gaan aantrek, so dat ek nie naak is nie!}.

Ek is lief om te gee, te help, te seën

TENSY.

En hierdie is die lelike stuk

As my diening, en gee, en liefde met ‘n ondankbare gees ontmoet word, of ek voel ek word misbruik? Ooooh Nellie, my fontein van vrygewigheid sal vinning ophou.

En ek voel verwand, opgehemel, en die tevrede wanneer ek die eerste deel van hierdie vers lees: “ moet julle vyande liefhé en goed doen en uitleen….”

Yep. Dit is ek. Ek het hierdie een gedek.

Maar dan haak ek vas op hierdie verse, “… sonder om iets terug te verwagomdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes.” Ummmm.

-Sy het WEER gekom en vir hulp gevra. Ek het weggedra. Sy het ‘n Kersfees-kaartjie gebring. Ek het dit nie oopgemaak nie. Sy het gehuil en my “Mamma” geroep . En ek het weer weggestap. Te geinteresseerd in die onreg wat aan my gedoen is, het ek haar weer verlaat.-

10945397_10204628715092175_3645483102255393851_n (1)

Dit klink so gevoelloos. Die wegstap en die draai van ‘n dowe oor. En dit is. Alhoewel in die oomblik, en wanneer hierdie oomblikke weer en weer en weer kom, is dit moeilik om kwesbaar te bly, om oop te bly, om wys en vrygewig te wees. Om te help sonder seer te maak, om die regte ding te doen, om goed lief te hê, is moeilik.

-Sy is blote negentien. Haar pa is weg toe sy jonk was, haar ma is verlede jaar oorlede. Op soek om haar liefde tenk vol te maak, het sy haarself gedeel met ‘n seun wat beweer het om haar lief te hê. In die einde, het hy gevat wat hy wou hê en haar gelos met twee klein kinders en geen hoop nie. –

Niemand het haar ooit geleer hoe om lief te hê nie, hoe om dankbaar te wees, hoe om enigiets te doen behalwe om te neem. Vir haar, was liefde gelyk aan pyn, so in plaas daarvan het sy geneem en weg gehardloop en nooit terug gekyk nie .

Jesus het weer en weer gegee, Hy het gegee.. Wetende dat Judas Hom gaan verraai, het hy deur gedruk en in elk geval van Homself gegee. Weer en weer. Hy het Judas verwelkom in sy binnekring, hom laat bly by Hom, uitgestort in hom. Dit moes so pynlik gewees het vir Jesus om van Homself dag na dag te gee, en te kyk in die gesig van dié een wat hy liefgehad het, wetende wat gaan gebeur.

‘n Vriend het die ander dag vir haar besoek in haar klein een slaapkamer huis.. Die een wat ek vir haar gehelp het om te huur, en haar gehelp het om dit op te stel. Toe sy in loop en het sy teen die mure gesien, geskryf in roet, “Ek is lief vir my mamma Joy.”

Trane, Nederigheid, Skande

En vandag? Maak ek my hart oop, om deur te druk in die ondankbare, en weer te begin.

Maklik? Oh nee.

Morsig? ‘n Honderd keer, ja.

Buite myself? Ja en weer ja.

En hoe eindig hierdie storie? Ek weet eerlik nie … maar ek gaan deur druk en uitvind. Sal jy vir my bid? – 

 Jou beurt: Wat is jou storie? Ek wil dit hoor. Wat doen dié verse in jou hart? Deel dit in die kommentaar. Ek wil graag vir en saam met jou bid.

Liefde uit Uganda,

 joy-signature


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Geen Bybelstudie is gevind nie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse