Dapper Wanneer Jy Ontmoedig Is

Dapper Wanner Jy Ontmoedig Is

Angela

As ek en jy vandag ‘n koppie koffie sou gaan drink en ek my hart met jou deel, is hierdie wat ek vir jou sou sê.

Ek sukkel met moedeloosheid.

Ek stry teen dit soos ‘n bokser in ‘n kryt. Party dae wen ek, maar meeste van die tyd verloor ek.

Ek bid weekliks… nee, daagliks teen dit.

Ek haat dit dat my stryd met moedeloosheid aanhoudend is. Dit voel asof dit nooit eindig nie.

Daar is dae wat ek die prys bereken vir as ek sou toelaat dat my hart my kop oorheers… dan wonder ek of al die gesukkel, al die beproewings en al die opofferings regtig die moeite werd is. En wanneer ek toelaat dat my hart my kop lei op hierdie deurgetrapte pad, laat ek versoeking toe om my te laat wonder oor die “wat as” oomblikke. Wat as ek ophou dien? Wat as ek ophou skryf? Wat as ek ophou leiding neem en ophou om vroue te help om daagliks in God se Woord te groei? Dink net hoeveel makliker gaan my lewe dan wees. Hoeveel meer tyd gaan ek hê om ander goed te doen. Hoeveel minder spanning gaan ek hê.

Daar is dae wanneer ek die emosies en die twyfel wat in my kop opsteek moet afskakel die oomblik as ek wakker word, en in plaas daarvan, kies om te beweeg, om uit die bed uit op te staan en om te werk, ongeag van hoe ek voel. Want hierdie is die waarheid, hierdie wêreld is nie my woning nie en dit is ook nie joune nie. Die lewe hier is nie perfek nie. Ons kry nie altyd die gelukkige einde nie…. ten minste nie aan hierdie kant van die hemel nie.

Ons is vedruk, maar nie terneergedruk nie; oor raad verleë, maar nie radeloos nie; vervolg maar nie deur God verlaat nie. (2 Korintiërs 4:8-9)

Ek dink nie ek is alleen in my stryd teen moedeloosheid nie. Ek dink Paulus het van tyd tot tyd ook moedeloos geword.

En dit is hoekom ek so lief is daarvoor om 2 Korintiërs 4:8-9 te lees. Op ‘n vreemde manier bemoedig dit my.

Paulus, een van ons geloofshelde, was ook ‘n man wat beproewings, pyn en moedeloosheid geken het. Net soos ek, en ek raai… net soos jy.

Paulus se lewe was ver van perfek en nie eens naastenby maklik nie, maar hy het aangehou. Selfs te midde van die beproewings en moedeloosheid het hy sy emosies opsy geskuif en voluit vir God gevolg.

As ons kyk na Paulus se evangelisasie in die lig van die wêreld se definisie van sukses, was hy nie baie suksesvol nie.

En tog, ten spyte van die moedeloosheid, terugslae en beproewings… het hy nie moed verloor nie en aangehou.

En so moet ons ook.

Soos Paulus, kan ons steeds kies om dapper te wees wanneer ons moedeloos is.

Hoekom? Omdat God ons belowe dat Hy ons nooit sal verlaat nie. (Deuteronomium 31:6)

Elke rede wat ons het om moedeloos te voel, is ook ‘n geleentheid om God te verheerlik.

Dit is moeilik vir die wêreld om te sien watter verskil Christus in ons lewens maak, wanneer ons lewens perfek en sorgvry lyk. Maar wanneer die lewe ons plat slaan en ons kies om dapper te wees en weer op te staan, sien die mense in ons lewens dit raak. Soos Paulus, wanneer ons platgeslaan word deur die lewe se omstandighede, maar nie vernietig word nie, word ons ‘n geleentheid gegun om te wys watter verskil Christus in ons lewens maak.

Ons stryd is werklik, maar so ook ons Verlosser.

Moedeloosheid diskrimineer nie, maar God ook nie. Hy gee sy krag vrylik vir ons en gee presies wat ons nodig het in die middel van ons stryd.

My gebed vir my en vir jou is dat God vir ons geestelike sig sal gee en nie net fisiese sig nie. Sig om die wêreld te sien soos wat Hy dit sien, sodat selfs as dit wat ons sien ons moedeloos maak, ons weet uit Markus 10: 27, dat niks onmoontlik vir God is nie. God is altyd aan die werk in ons lewens.

Kom ons kies om dapper te wees ten spyte van die moedeloosheid wat die lewe na ons gooi, en kies om vorentoe te beweeg in die geloof, wetende dat God elke tree saam met ons is, ongeag van hoe ons voel.

Hê God Groots Lief.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse