Dapper Om Vervolging In Die Gesig Te Staar

Dapper Om Vervolging In Die Gesig Te Staar

Angela

Vandag se Skrif is een van my gunstelinge. Ek het dit baie jare gelede uit my kop geleer sonder om te weet dat God dit sou gebruik om my te troos in die toekoms.

Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? (Romeine 8:35). Dit sal Christus beslis nie van ons geskei nie, maar dit kan ons van Christus skei as ons nie versigtig is nie.

Wanneer ons onverwagte omstandighede moet deurleef, of lang tye van nood en beproewinge moet verduur, verloor ons moed. Dis juis in daardie oomblikke wanneer Satan sal probeer om gedagtes in jou kop te plaas.

Gedagtes soos …

  • God is nie lief vir jou nie. As Hy jou liefgehad het, sou Hy nie toegelaat het dat jy ly nie.
  • Jy is waardeloos. Nie eers God gee vir jou om nie.
  • Hoekom moet jy probeer? Dit sal nie werk nie.

As jy toelaat dat hierdie leuens diep in jou hart in grawe, kan jy van Christus afvallig word.

Dink vir ‘n oomblik na. Elke dag ontmoedig dinge ons, klein en groot, en dit beproef ons geloof. Stel jou voor jy word vervolg omdat jy ‘n Christen is. Plaas jouself in die skoene van die duisende vervolgdes, gedwing om hulle huise te verlaat, opgesluit of doodgemaak omdat hulle hulself identifiseer met Jesus Christus as hul Heer en Verlosser.

Om op te staan vir Christus in ons Westerse kultuur lei nie tot marteling of die dood nie, maar dit kan negatiewe gevolge hê. Vandag se verse dien as bemoediging vir al die Christene regoor die wêreld wat op een of ander wyse vervolg word weens hulle geloof.

Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. (Matteus 5:10)

Jesus sê nie net vir ons dat ons geseënd is as ons vervolg word ter wille van geregtigheid nie. Hy sê nog iets anders ook.

Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, (Matteus 5:44)

Dit vereis moed. Jy moet dapper wees om te bid vir diegene wat jou vervolg. Ons menslike instinkte vertel ons om presies die teenoorgestelde te doen – veg, betaal terug, neem wraak. Maar Jesus roep ons om dapper te wees en ons vyande lief te hê.

Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg.

Is jy vandag in ‘n situasie waarin jy, in enige mate, vervolg word as gevolg van jou geloof? Hou moed. Wees dapper om lief te hê. Onthou dat die Here met jou is. Hy is jou lig en jou redding; Hy is die vesting van jou lewe. Onthou dat jy in Christus meer as ‘n oorwinnaar is. Geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie,

Tevrede in sy diens,

 

Week 3 Uitdaging: Wees hierdie week dapper en doen iets wat moed verg. Bid vir iemand wat jou seergemaak het. Gee aan iemand in nood, selfs al beteken dit dat jy iets moet opoffer. Leef voluit en deel liefdevol die onwrikbare waarheid met iemand wat God op jou hart lê. Spreek God se waarheid teenoor die ontmoediging wat jou gedagtes vul. Kies hierdie week om DAPPER te leef!

Week 3 Leesplan

Week 3 Memoriseervers

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse