Whitney
“Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Hebreërs 11:1
Waarvoor hoop jy in die nuwe jaar?
Die vinnige, veilige antwoord sal iets soortgelyks wees aan…
‘n Minder besige skedule.
Om geld te spaar.
Om minder te eet.
Om meer te oefen.
Om meer georganiseerd te wees.
Om ‘n slegte gewoonte af te leer.
Almal algemene voornemens – goeie doelwitte wat met goeie intensies begin is – en voornemens wat dikwels, as ons eerlik is, nie altyd slaag nie.
Maar as ons vandag vir koffie sou ontmoet en die moed bymekaar skraap om ‘n bietjie dieper te delf, sou ek die vraag ‘n bietjie anders stel:
Waarvoor hoop jy – wag jy, verlang jy na – diep binne in jou hart?
Dalk is dit die versoening van ‘n verhouding?
Genesing vir ‘n familielid?
Vir ‘n werk?
Vir die depressie om te eindig?
Miskien bid jy vir ‘n opregte vriendskap. Vir hoop. Vir vryheid van die verlede se skuldgevoelens en skaamte. Vir opregte geluk om op te daag na ‘n lang, droë seisoen.
Daar is swaarkry agter die glimlag. Terwyl ander mense in energieke drome en doelwitte vir die jaar inspring, probeer jy net deur die dag kom.
Vriendin, ek wens jy kon weet hoe raakgesien en geliefd jy is. Ek is jammer dat dit tot dusver so moeilik was. Alhoewel ek nooit sal voorstel dat oplossings vir wat jy in die gesig staar ooit netjies verpak kan word nie, sê byvoorbeeld, in drie maklike stappe in ‘n blogberig nie, kan ek net een voorneme voorstel wat meer sal beteken as die ander voornemens vir die jaar?
Bid om dapper te wees om vorentoe te wandel in die geloof.
“Gee ons meer geloof” is hoe die dissipels dit in Lukas 17 stel. En Jesus se pragtige antwoord? Hy ken ons beperkings. Waar ons swak is en hoe ons twyfel. Hoe elke nuwe jaar met sy eie vreugdes en smarte kom. Maar hy draai ons nooit weg nie. As min geloof al is wat jy het, vriendin, stop wat jy besig is om te doen en gaan lê dit voor Jesus se voete neer.
Hy sal sy krag daaraan gee.
Dit vermenigvuldig.
Hy sal dit verlos.
Hy sal jou geduldig vorentoe dra totdat jy bietjie vir bietjie jou siening verander en jou geloof sterker groei.
“Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” 2 Korintiërs 4:18
Een ding is verseker: Ons kan nie in die geloof wandel as ons oë op die dinge gefokus is wat ons kan sien nie. In hierdie wêreld…
Eindig een beproewing en die volgende een begin.
Sal werk en swoeg aanhou, met die goeie en slegte tye.
Lyk genesing dalk anders as wat ons gedink het dit moet.
Verander verhoudings en droog hulle selfs op.
In plaas daarvan om te kyk na wat om jou is, kyk opwaarts…en vestig jou oë op die Een wat vertrou kan word met jou toekoms.
Kom ons werk saam daaraan om hierdie jaar in geloof te wandel soos nog nooit van tevore nie. Dit gebeur nie net met pure geluk nie. Dit gebeur een dag op ‘n slag, deur die karakter van God te ken en vir jouself te herhaal, deur te besluit om te leer van en dan te los wat in die verlede is en vorentoe te beweeg in die geloof – maak nie saak hoe klein die treë is nie – wetende dat jy ten volle geliefd is en ten volle deur sy genade vasgehou word.
- Is jy huiwerig om in geloof vorentoe te beweeg na waar God jou lei in hierdie jaar, omdat jy vashou aan dinge van die verlede?
- Wat moet jy met God/ander mense versoen sodat jy kan begin om vorentoe te beweeg, in plaas daarvan om op een plek vas te sit.
- In die nuwe jaar, sal jy jou daartoe verbind om gereeld deur gebed vir God te vra vir meer geloof? God gee sy almagtige krag oorvloedig aan die wat glo! “Ek glo; Help my in my ongeloof.” – Markus 9:24
By sy voete,