Dapper Om Goed Te Doen
Edurne
Liefde. ‘n Eenvoudige woord wat die wêreld verander het. Weet jy wat is so wonderlik omtrent hierdie woord? Dit is meer as net ‘n woord: Dit is ‘n aksie. Liefde is nie iets wat jy voel nie. Dis iets wat jy doen. Christelike liefde veral, moet weerspieël word deur dit wat ons doen.
Galasiërs 6: 9 sê vir ons: “Laat ons nie moeg word om goed te doen nie.” Hoekom? Omdat ons tog wel moeg word. Ons word moeg om goed te doen vir ander.
As jy iets goed gedoen het vir ‘n ander persoon, en daar is geen waardering vir wat jy gedoen het nie.
As jy iets mooi vir iemand anders sê en stilte is al wat jy terugkry.
Wanneer jy dink aan maniere om ander te seën, maar voel dat niemand omgee vir jou nie.
Ons raak afgemat en hou dan op om goed te doen. Ons hou op om ons liefde in aksie oor te sit.
Ek praat nou met myself.
Ek is mal daaroor om te help, ek lief dit om vir ander tot diens te wees. Ek hou daarvan om kreatief te wees en maniere te soek om ‘n seën te wees. Ek raak opgewonde wanneer ek weet ek het iets goeds beplan, iets spesiaals wat iemand se dag sal maak.
En dan sink my hart as ek die enigste een is wat opgewonde is daaroor. Soveel beplanning? Die verwagting? Die uitdrukking op die ander persoon se gesig het oor en oor in my gedagtes gespeel? En wat ek terug kry, faal dan in vergelyking daarmee. Geen woorde van waardering, geen dankbaarheid nie. Niks. Absoluut niks nie. Dus, volgende keer, voel ek net nie lus om iets goed vir iemand anders te doen nie.
Dis verkeerd.
God, in sy oneindige geduld en begrip van die menslike hart, weet dat ons moedeloos word, dat ons moeg word om goeie dinge te doen. Miskien omdat ons nie die reaksie ontvang wat ons wil hê nie en seergemaak voel. Miskien omdat ons uit ons gemaksone geneem word wanneer ons goed doen aan die persoon. Of miskien omdat dit te veel moeite is om die ekstra myl te loop en daar is ander mense wat dit kan doen.
Om watter rede ookal jy besluit het dat om goed te doen vir iemand anders nie vir jou die moeite werd is nie, sê God: “Haai meisie, moenie moeg word nie.”
Ons het ‘n goeie, goeie Vader wat lief is om goeie dinge vir ons te doen. En ons is sy kinders. Ons is geskep om goeie werke te doen. Dink vir ‘n oomblik hieroor.
Toe God gedink het om jou te skep, selfs voordat jy gebore is, het Hy goeie dinge geskep vir jou om te doen. Dis ‘n doel. Daar is planne wat God vir jou en net vir jou het.
Wanneer jy besluit jy gaan nie iets goeds vir iemand anders doen nie, moet jy daaroor dink as ‘n geleentheid waarop jy gaan uitmis.
Hoekom moet ons dapper wees om goed te doen? Omdat dit moed neem om ons verwagtinge laer te stel, ons trots te breek en God te gehoorsaam, selfs in die roetine van om dieselfde goeie dinge oor en oor te doen.
Moenie moeg word om goed te doen nie. Soek geleenthede om ‘n seën te wees. Moenie bekommerd wees oor die reaksie nie. Jy doen jou deel. Jy doen wat God wil hê jy moet doen. En dit moet genoeg wees om goed aan ander te doen. Dink jy nie so nie?
Tevrede in sy diens,