Dapper Om Ander Te Bereik

Dapper Om Ander Te Bereik

Whitney

Ek het in die kerkbank gesit, terwyl ek my bes probeer het om te fokus op die diens wat begin het. Maar terwyl aanbiddingsmusiek die vertrek gevul het, kon ek nie help om te staar na die vrou met die pragtige hare, wat ‘n paar sitplekke na links in die ry voor my gesit het nie.

Kan dit sy wees?

Ek het ‘n bietjie vorentoe geleun om ‘n beter blik van haar gesig te kry – wat veroorsaak het dat my man my vraend aangekyk het – en ek het daardie tevrede kyk in haar oë herken. Na al die jare het haar liggaam aansienlik ouer geword. Haar hande, asof hulle ‘n storie van hulle eie kan vertel, was vol plooie en vermoeid. Maar haar houding en optrede was steeds so vasberade soos altyd en die manier waarop sy die Here aanbid het, het my in trane gehad.

Ek kon skaars wag om na haar toe te gaan, maar hoe? Sy het my geken toe ek ‘n klein dogtertjie was, in ‘n klein dorpie, in daardie klein kerkie en gedurende ‘n tyd toe my familie in nood was. Sal sy my na al die jare herken?

Ek het ‘n hoorbare “Dankie, God” gefluister toe die kerkleier die gemeente uitnooi om ‘n oomblik te neem en mekaar te groet. Jesus het seker geweet ek sou nie kon wag tot na die diens nie. Nog voordat die predikant klaar gepraat het, was ek besig om so vinnig as wat ek kon oor Bybels, skoene, handsakke en mense te loop, na waar sy gestaan het. Ek het my hand liggies op haar skouer geplaas, nader geleun en haar naam gefluister.

“Ek is nie seker of jy my onthou nie…” het ek begin en myself toe bekendgestel, en gesê wie se dogter ek is. Sonder om ‘n oomblik te huiwer, het sy regop gestaan, haar delikate hande om myne gevou en nader geleun. Haar liggaam was swak, maar haar stem was sterk.

“Ek weet wie jy is. Ek het jou nog altyd liefgehad.”

O, en kon sy liefhê.

__________________________________________

Drie en dertig jaar gelede, het sy die besluit geneem om uit te reik en liefde te gee aan ‘n familie met vier kinders, ouderdomme agt en jonger. Sy en haar man het daardie kerk, in daardie klein dorpie, waar ons ook elke week toevlug gevind het, getrou bygewoon.

Haar maniere van uitreik was subtiel, maar vrygewig.

“Die boontjies in die tuin is reg om gepluk te word, as julle in die week wil kom en kom boontjies kry?”

Daar was kragtige oomblikke van gebed en bemoediging uit God se Woord, koeverte met geld wat sonder ‘n woord in ‘n Bybel ingeglip is, vroue byeenkomste en kerkkampe wat op raaiselagtige maniere betaal is, en sakke met inkopies wat na kerk hul pad na die agtersitplek van ons kar gevind het.

Sy het nie geoordeel nie. Sy het nie kant gekies nie. Sy het nie verby die nood gekyk en dit vir iemand anders gelos om te hanteer nie. Sy het nederig en eenvoudig liefgehad, net soos Jesus. Sy het dit wat sy gehad het wegegee, en niks terug verwag nie.

Vir jare het dit so aan gegaan, en daar was ‘n klein dogtertjie wat alles ingeneem het en dit diep in haar hart weggebêre het. Deur die vrygewigheid van een persoon, het daardie klein dogtertjie geleer dat Jesus by haar familie was, soos Hy deur sy mense vir hulle voorsien het. Dat Jesus geweet het wat hulle nodig gehad het. Dat Jesus altyd betyds was. En daardie klein dogtertjie se liefde vir Jesus het gegroei.

Daardie klein dogtertjie was ek.

God het my aan sy goedheid herinner deur my pad te laat kruis met daardie kosbare vrou ‘n paar jaar gelede. Toe my ou vriendin daardie Sondagoggend deur daardie kerk se deure stap, het sy nie geweet dat ‘n klein dogtertjie, van ‘n klein kerkie, in ‘n klein dorpie, sou grootword en haar baie, baie jare later, op die wang sou soen en in haar oor fluister…

“Jou liefde het my aan die liefde van Jesus bekendgestel.”

Een persoon. Een lewe met ‘n doel. Een keuse van liefde. En vandag hou Jesus steeds aan om te fluister…

“Ek weet wie jy is. Ek het jou nog altyd liefgehad.”

Destyds kon ek haar nie vergoed vir haar vrygewigheid nie. Maar vandag – as gevolg van Christus wat in my is – kan ek ander mense lief hê in ruil daarvoor… een gebed, een glimlag, een voorsiening, een waarheid, een lewe op ‘n slag.

Dit is tyd om te kies om dapper te wees in Jesus se naam. Wie vra God jou om met sy liefde aan te raak?

By sy voete,

__________________________________________________________

Sluit by ons aan vir ons nuwe studie: Hosea – Getroue Liefde  wat 11 Maart begin.

God het vir Hosea ‘n spesifieke roeping en ‘n spesifieke boodskap vir die volk van Israel gegee. Hosea se getroue liefde vir Gomer was bedoel om die getroue liefde van God vir Israel uit te beeld.

Die boek Hosea is profesie, met prosa en vertellings wat dikwels uitdagend en verwarrend is. Soos ons hierdie ongelooflike verhaal bestudeer, is ons gebed dat ons ‘n nuwe perspektief op God se karakter sal kry. Selfs in die harde woorde van profesie, kan ons God se hesed sien, sy getroue, verbondshoudende liefde wat streef na die harte van sy volk.

God se liefde word uitgebeeld in die bladsye van hierdie pragtige verhaal van verlossing. Sy getroue liefde is steeds aan die werk, verlos ons en bring ons terug na Hom.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse