DANK ALTYD EN VIR ALLES…

DANK ALTYD EN VIR ALLES…

deur Angela | Okt 14, 2016

week-6-vrydag

s6d5

“Vlooie!” het ek gehuil. “Betsie, die plek krioel van hulle!” Ons het oor die platforms geklouter terwyl ons ons koppe laag gehou het om nog ‘n stamp te voorkom. Ons het tot by die gang afgesak en ons pad na ‘n kol van lig gevolg.

“Hier! En hier is nog een!” het ek gehuil. “Betsie, hoe kan ons in so ‘n plek bly?”

“Wys ons. Wys ons hoe.” Dit is op so ‘n saaklike wyse gesê, dat dit my ‘n sekonde geneem het om te besef dat sy besig was om te bid. Dit blyk meer en meer asof die verskil tussen gebed en die res van die lewe besig is om vir Betsie te verdwyn.

“Corrie!” het sy opgewonde gesê. “Hy het vir ons die antwoord gegee! Nog voordat ons gevra het, soos Hy altyd doen! In die Bybel vanoggend. Waar was dit? Lees weer daardie deel!”

“Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.”

“Daar is dit, Corrie! Dit is Sy antwoord. ‘Wees in alle omstandighede dankbaar!’ Dit is wat ons kan doen. Ons kan reg nou begin om God te dank vir elke ding van hierdie nuwe kaserne!”

“Soos wat?” het ek gesê.

“Soos dat ons saam hier is.”

Ek het my lip gebyt. “O ja, Here Jesus!”

“Soos vir wat jy in jou hande vashou.”

Ek het afgegekyk na die Bybel. “Ja! Dankie, liewe Here dat daar geen inspeksie was toe ons hier ingegaan het nie! Dankie vir al die vrouens, hier in hierdie kamer, wat U sal ontmoet in hierdie blasye.”

“Ja,” sê Betsie. “Dankie dat dit so propvol hier is. Omdat ons so styf saamgepak is, sal so baie meer mense hoor!” Sy het verwagtend na my gekyk. “Corrie!” het sy gepor.

“O, reg. Dankie vir die stampvol, styf ingedrukte, versmorende skare.”

“Dankie,” het Betsie kalm voortgegaan, “vir die vlooie en vir-“

“Die vlooie! Dit is net te veel. Betsie, daar is geen manier dat selfs God my dankbaar kan maak vir ‘n vlooi nie.”

“Wees in alle omstandighede dankbaar,” het sy aangehaal. “Dit sê nie ‘in goeie omstandighede nie.’ Vlooie is deel van hierdie plek waar God ons geplaas het.” – The Hiding Place, bladsye 209-210

————————————————————–

Ek en my dogter Paige lees The Hiding Place saam, en hierdie week het ons op hierdie verhaal afgekom.

Wat ‘n kragtige herinnering wanneer ons kyk na Efesiërs 5:20… “dank God die Vader altyd oor alles

Vir alles, Here?

Wil God regtig hê dat ons moet dankbaar wees vir verhoudinge in ons lewens wat vir ons pyn veroorsaak, vir hartseer, leë bankrekeninge en siek liggame? ALLES?

Kan ons regtig leer om God te dank in ALLE omstandighede? Selfs vir die “vlooie” in ons lewens?

Corrie se verhaal herinner my dat ons kan. Miskien moet die danksegging net begin, met ‘n klein gebed…

“Here, help my om te sien. Maak my oë oop om U hande te sien werk in my lewe.”

“Help my om U te loof vir die ‘vlooie’ in my lewe. Help my om U te dank vir die moeilike dae, sodat ek die goeie dae selfs meer kan waardeer.”

“Dankie dat U vir my dae gee waar my liggaam swak is, sodat ek herinner kan word dat U my krag is.”

“Dankie dat U toelaat dat hartseer en pyn in my lewe kom sodat ek U soete teenwoordigheid kan ervaar en weet dat U waarlik na aan die gebrokenes is.”

“Dankie Jesus, vir die vergifnis wat U so goedgunstiglik vir my gegee het en dat U my oë geopen het om my behoefte vir dit raak te sien.”

Die vlooie in Corrie en Betsie se kaserne was ‘n ergernis, maar God het ‘n pragtige doel gehad vir daardie lastige insekte… die beskerming van al die vrouens in daardie oorvol kaserne.

Julle sien, die wagte het geweet dat die kaserne gewemel het van vlooie, en as gevolg daarvan, het hulle die vrouens alleen gelos. Deur die vlooie, het God die vrouens beskerm van mishandeling, teistering en nog erger dinge. Omdat die wagte niks met daardie vrouens te doen wou hê nie, kon Corrie en Betsie vryelik, sonder steuring Bybelstudies hou.

En dus wonder ek watter “vlooie” God in jou lewe toelaat om jou te beskerm?

Kom ons sit ons vers vir vandag oor in aksie en begin om Hom te dank vir ALLES: die goeie, die slegte, en die “vlooie.”

Lief God Grootliks!

Angela

 

 

 

 

Kom ons Praat: Wat was eens ‘n “vlooi” in jou lewe, waarvoor jy nou dankbaar is?

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse