Ek het haar net verlede Sondag ontmoet en ek is nie seker of ek haar weer hierdie kant van die hemel sal sien nie, maar sy het my lewe vir altyd verander.
Al ooit so iemand ontmoet?
Iemand dapper. Iemand baie nederig, maar vol vertroue in God se plan vir haar lewe. Iemand wat op ‘n sending is en die meeste van haar dae wil maak. Ek is nie eens seker of sy uit haar pad gegaan het om almal rondom haar te inspireer nie. Sy doen net.
Selfs terwyl sy sterf.
Sy het onlangs ‘n “garage” verkope gehou en het dit liefdevol haar ”Gaan na die Hemel “garage” verkope” genoem. Soos die stil trane gerol het vanaf die gesigte van dié rondom my, het sy geglimlag en voortgegaan om daardie oggend die werklike doel agter haar besoek aan ons Sondag skool klas te verduidelik.
{Wag … Hemel. O, kan jy dit ooit begin verbeell?}
‘n Nuwe bediening sou van die grond af begin – een wat sy gehelp het om te inspireer deur haar eie lyding. ‘n Bediening wat kennis, bemoediging, praktiese ondersteuning, en verhouding vir die op hulle eie kanker reis, voorsien – van diegene wat alreeds daar was. Liefde sal oor alles regeer, en Jesus sal die grondslag wees van hulle hoop. En terwyl daar nog tyd is, maak sy haar rondtes … want sy wil nie ‘n enkele geleentheid mis om lewe te praat – beide in haar lewende en in haar sterwende.
Sy wil nie ‘n nalatenskap wat haar naam dra verlaat nie. Sy wil meer van Jesus agterlaat, terwyl sy kan.
Om haar te hoor praat het my asem weg geneem. Ek het seisoene van my lewe spandeer om lyding ten alle koste probeer vermy, maar ek het op haar noukeurig gekonstrueerde sinne gehang, wat my vertel het dat Jesus vir haar meer pragtig is in hierdie einste plek.
Ek kon dit nie verdra nie, so ek het haar nommer opgespoor en haar hierdie week geskakel. Ek wou net meer van haar stem hoor. Om in haar wysheid te week. Om op te hou om my dae te mors om desperaat vas te klou aan die tydelike wanneer ek meer van die skoonheid van Christus in die hier en nou kon weet. Om haar te vra hoe sy in hierdie plek van soet oorgawe gekom het.
Hardloop na God se Woord. Kyk vir geleenthede om God te sien werk. Bid verwagtend om te hoor uit die hemel. Vertel van God se getrouheid. Verbind tot die proses, met die wete dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het sal getrou wees om dit te voltooi…
Ons smag geluk. Hy begeer heiligheid.
Ons loop agter dinge aan. Hy wil hê ons agter Hom aan hardloop.
Jesus, trek my nader
Nader, aan u Here.
Laat die wêreld rondom my verdwyn.
Jesus, trek my nader;
Nader, aan u Here.
Want ek begeer om te aanbid en gehoorsaam te wees.
Tyd is nie aan haar kant nie, maar God is. En Hy is beter. Hy is net, en sy loop so noukeurig met hom dat sy dit alreeds kan proe.
Wanneer het ons begin om so baie van die wêreld te verwag?
Wees Bly
Omdat Jesus is beter. Nou, en tot in alle ewigheid.
En terwyl daar nog tyd is maak sy haar rondtes, want sy wil nie ‘n enkele geleentheid mis om die lewe te praat nie….
“Daarom moet dié wat ly omdat God dit wil,
hulle lewe toevertrou aan die getroue Skepper,
en aanhou goed doen”
1 Petrus 4:19
Lyding is ‘n werklikheid. Maar kind van God, dit is nie die einde nie.
Jesus, help my om meer van U agter te laat …
By Sy voete