Christus, Ons Wegkruip Plek…
deur Jen Thorn | Jul 16, 2015 | Psalms 119 |
Ek het nog altyd ' n fassinasie met kastele gehad. Dit is 'n wonder dat die mense so pragtige en sterk strukture kan bou sonder ons moderne tegnologiese vooruitgang. Iets wat my altyd gefassineer is die geheime kamers en gange in kastele. Sulke verborge ruimtes in die mure, in die dak, of agter kunswerke was vir die beskerming en ontsnapping wanneer onder beleg. Tydens die bewind van Elizabeth I van Engeland (1558-1603) was meer van hierdie geheime kamers gebou om priester weg te steek en te beskerm teen vervolging . Dit is hoe hulle gekom het om genoem te word "priester gate."
Oor die eeue het mense geheime plekke gebruik om hulself te beskerm teen gevaar. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Duitsland, is baie van die Jode versteek in private burgers se huise. Al Capon ('n berugte Chicago bendelid) het 'n geheime wegkruipplek kroeg in die voorstede van Chicago gehad. Ons kruip selfs weg in ons kelders wanneer daar 'n bedreiging van tornado's is .
Ons almal het veilige plekke nodig; dit is hoekom ons in huise leef. Ons het beskerming van die weer nodig, van diere, en van mense wat ons dinge wil steel of ons familie wil seer maak.
Maar daar is iets wat selfs meer kosbaar is as rykdom en gesondheid wat beskerming nodig het - ons harte en ons siele
Gedurend ons leeftyd ervaar ons konstante "ups en downs", gelukkige dae en moeilike dae, goeie nuus en verwoestende nuus, versoekings en wreedheid, die bose en twyfel, net soos die Psalmdigter. Al hierdie plaas ons dikwels in die mees gevaarlike situasies.
Maar het jy agtergekom wat hy doen in Psalms 119? Maak nie saak wat na sy kant to kom nie, hy hardloop altyd na God toe. Selfs meer spesifiek, hy hardloop na God se woord. Dit is sy veilige plek uit die onstuimige lewe wat hy lewe, en dit moet ons s'n ook wees.
5 Redes Christus Moet ons Wegkruip Plek Wees
1. Sy Krag is Ongeëwenaard
“Een ding het ek God hoor sê, nee, twee: dat net God mag het” – Psalms 62:11
Ons aanvallers is nie net wêreldse, maar ook geestelik. Ons moet veiligheid vind in iets wat ons kan beskerm teen die pyle van mans en duiwels, van dwaasheid en foute, sonde en die ewige dood. Die Here is 'n skild wat ons omring aan alle kante (Ps 3:3) en sy sterkte verseker dat die vyand ons nooit kan oorwin nie, want daar is geen swak plek in hierdie skild nie.
2. Sy Geheime Plek is Vir Ons
Dit is die geheimenis wat eeue en geslagte lank verborge was, maar wat nou geopenbaar is aan die mense wat aan Hom behoort.- Kol 1:25,266 | |
Ralph Robinson het eenkeer verduidelik die meer geheime 'n plek hoe meer veilig is ons. In Christus is al die misteries en geheime van hierdie wêreld en die volgende. Die geheime van wie God is, wie ons is, en redding self word geopenbaar aan ons sodat ons die geheime plekke vir veiligheid mag ingaan. Die enigste manier om ons hart en siel veilig te hou, is deur die wete en die bewaring van hierdie misteies soos hulle na ons toe kom in God se Woord en word ontvang deur geloof.
3. Sy Getrouheid Hou Tot In Ewigheid
“want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.” – Ps 100:5
Ten einde om veilig te voel moet jy in staat wees om die een wat jou beskerm of wegsteek, vertrou. Wie is meer betroubaar as Christus! Hy doen altyd wat Hy sê. Hy is te alle tye getrou aan sy elke woord en omdat hy baie goed is, sal hy altyd doen wat reg is.
4. Sy Waaksaamheid Beskerm Ons
“Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.
Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie – Ps 121:3,4″
Kastele en vestings kom met wagte, maar menslike wagte is nie altyd betroubaar nie. Hulle raak moeg en slaap. Hulle kan 'n aankomende vyand mis en maak die kasteel vatbaar vir nederlaag. Maar ons het 'n wag wat nie sluimer en word dus nooit onkant betrap nie. Vyande kan hom nie bekruip nie en niks kan hom verras nie. Om te mediteer op dit sal 'n groot bron van vertroosting vir ons tydens enigiets wat ons deur gaan, wees.
5. Sy Liefde verseker ons Veiligheid
Die een wat oor ons die beste sal kyk is die een wat ons die meeste lief het. Wie het ons beter lief as Jesus? Hy het na ondenkbare lengtes gegaan om ons veilig te hou, en hy sal voortgaan om alles te doen wat nodig is om te verseker dat niemand uit sy hand weggeraap sal word nie (Joh. 10:28), en dat ons veilig en gesond sal kom in sy ewige koninkryk.
Ons is alles gegee wat ons nodig het vir die lewe en godsvrug, omdat ons Christus self gegee is. Hy is ons skild, ons vesting en ons skuilplek. Soos die Psalmdigter, laat ons al die tyd hardloop na God toe vir alles wat ons nodig het.
Kyk na Jesus,