Bly in Christus

Bly in Christus

Crystal Stine

Ons het in ‘n kamer in die kelder van die kerk gesit wat gewoonlik deur ‘n middelskool-jeuggroep gebruik is. Alhoewel ek verskeie vrouestudies by die kerk bygewoon het, was hierdie die eerste een wat ek en my man gekies het om saam te doen. Ek kan nie vir jou die naam van die studie sê nie, maar ek onthou dat dit die heel eerste keer was wat ek in ‘n Bybelstudie was waar die memorisering van die Skrif nie net aangemoedig is nie, maar vereis is en elke week getoets is. Waar ek gesit het in die ongemaklike, ouerige meubels in ‘n kamer gevul met volwassenes wat ek skaars geken het, was ek heeltemal uit my gemaksone. Anders as baie van die mense in daardie kamer, het ek nie in die kerk grootgeword nie, so om bloot die regte hoofstuk en vers in die Bybel te vind, was ‘n prestasie. Die memorisering van die Skrif was (en is steeds) ‘n uitdaging.

Vandag se leesstuk was die Skrifgedeelte wat ons gememoriseer het en dit bly een van die min Bybelverse wat ek redelik vinnig kan sê. Alhoewel dit nie maklik was nie en ek baie foute langs die pad gemaak het, het dit gehelp om elke week tyd te neem om dieper in een spesifieke Skrifgedeelte te delf en die woorde van die bladsy af in my hart in te neem.

“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte; want sonder My kan julle niks doen nie.” – Johannes 15:5

Die eerste sin van vers 5 herinner ons aan ons verhouding met Christus. In ‘n wêreld wat daarvan hou om vir ons te sê dat ons dit alles kan doen, dat ons is genoeg is en dat ons onafhanklike vroue moet wees, kan dit maklik wees om ons ware posisie te vergeet. Jesus sê nie vir ons dat ons die wingerdstok is nie. Nee, Hy is die wingerdstok en ons is die lote. Dit beteken dat alles wat ons is en alles wat ons doen, ‘n uitvloeiing is van die voeding en lewe wat van God af kom.

‘n Tak wat van die wingerdstok afgesny word, sal verdor en sterf. Dit kan nooit op sy eie vrugte dra nie. Dit het die verbinding met die bron van lewe nodig wat die omgewing sal skep vir vrugte om te groei. Gebed is ons verbintenis met Jesus; dit is hoe ons, die takke, aan die wingerd verbind bly.

Die volgende deel van ons leesstuk vertel vir ons wat gebeur wanneer ons daardie verbintenis behou word en wat gebeur wanneer ons dit nie behou nie. Wanneer ons aan Christus verbind bly:

  • Dra ons baie vrugte
  • Word ons gebede verhoor
  • Word God geëer
  • Wys dit dat ons dissipels van Jesus is
  • Kan ons die werk verrig wat God ons gegee het

Wanneer ons nie in Christus bly nie en ons hierdie lewe op ons eie probeer leef, sê vers 6 dat ons verdroogde takke word wat in die vuur gegooi word. Ons is nie net verwyder van God nie, maar ons is ook nie meer ‘n voordeel vir diegene rondom ons nie.

Gebed is ‘n pragtige geskenk wat ons, die takke, ‘n manier gee om in Jesus, die wingerdstok, te bly. Deur ons gebede en ons gemeenskap met Jesus, leer ons om elke dag soos Jesus te leef en lief te hê en meer soos Hy te word. Soos ons harte nou verstrengel raak met Syne, begin alles waarvan ons droom en wat ons hoop om te bereik, in ooreenstemming te wees met God se wil vir ons lewens en sy koninkryk. Hoe nader ons aan Christus bly, hoe meer word ons soos soos Hy en hoe meer sal sy liefde oorvloei na diegene wat God in ons lewens geplaas het.

Bly in Jesus. Bly naby Hom en ontvang die lewensgewende voeding wat nooit opraak nie. Laat God, die Meester Tuinier toe om enige iets weg te snoei wat jou daarvan weerhou om te groei en vrugte te dra vir sy koninkryk – selfs dinge wat goed was, maar wat moet gaan om plek te maak vir iets groots. Sonder Christus kan ons niks doen nie – maar vir God is alle dinge moontlik (Matteus 19:26).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse