Bid Sonder Ophou

Bid Sonder Ophou

deur Joy Forney | Jan 14, 2016 |


Wanneer ek aan die woord ophou dink, dan dink ek aan dinge wat my mal maak….my alarm wat nie wil ophou tot ek opstaan en dit afskakel nie, my haan wat nie wil ophou kraai vyfuur in die oggend nie, of my een kind wat daarvan hou om dieselfde geluid oor en oor te maak, al harder en harder, tot ek die gevaar loop om gek te raak.

In Kolossense 1:9 sê dit,

“Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te
bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken,”

Hou nie op nie.

Het nie opgehou nie.

Sal nie ophou nie.

Dit is gebed wat ontstuitbaar is. Dit gee nie op nie. Dit sal nie stop nie.

En as ons onsself aanhoudend terugbring na gebed, weer en weer, oor en oor, dan lui die vyand se ore. Daardie irriterende klank dreig om hom mal te maak.

Ons gebed. Die gebede van ‘n gemeenskap van vrouens, opgedra, vir mekaar, in opregtheid, maak saak.

Dit is ek, op my knieë, in ‘n geveg, besig om my alles te gee in gebed vir my familie, vir my vriende, vir JOU. Om God te vra om elkeen van julle deur wysheid en insig te vul met die kennis van Sy wil.

Dit is jy wat dieselfde doen. Dit is ons, saam, wat kies om vrouens van gebed te word. En hoe doen ons dit?

Ons bid.  Ons bid lank, en ons bid hard.

Ons bid terwyl ons die skottelgoed was, terwyl ons stofsuig, terwyl ons ons kinders skool toe neem, terwyl ons werk toe ry, en terwyl ons in die aand aan die slaap raak.

1 Tessalonisense 5:16-18 gee vir ons ‘n eenvoudige plan vir gebed…. “Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar.” Ek sal sê dat elkeen van hierdie drie dinge ‘n verskillende tipe gebed is. So wanneer jy nie woorde het nie en voel dat gebed net té moeilik is, of as jy ‘n vrou van gebed wil word wat bid sonder ophou, maar jy kan net nie gefokus bly nie…

Onthou hierdie drie dinge:

Wees bly. Wanneer jy gelukkig is, vertel vir God daarvan. Skakel lofprysmusiek aan, en dans voor die Here – sing en juig!

Bid. Wanneer dinge stresvol is, jou bekommer, jou oorweldig, praat met God daaroor. Bid oor enige iets wat in die spesifieke oomblik gebeur, en vra vir wysheid. Vertel vir Hom jou probleme en praat dit uit met Hom.

Wees dankbaar. Dank Hom vir enige iets en alles! Noem elke ding waarvoor jy dankbaar is en dank Hom vir elke een.

En soos ons dit almal saamdoen, laat ons die vyand weet dat ons nie sal ophou nie – ons sal vrouens van gebed wees.

Bid vir my en ek sal vir jou bid. Kom ons help om mekaar terug te wys na waar ons behoort te wees, op ons knieë.

Los ‘n kommentaar van gebed vir jouself, en bid dan vir iemand anders wat ‘n kommentaar gelos het. Kom ons wees vrouens wat nie net daaroor praat nie. Kom ons bid vandag sonder ophou vir mekaar!

Met Liefde Van Uganda,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Geen Bybelstudie is gevind nie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse