Bid God se Woord

Bid God se Woord

Deur Jen / 17 Februarie 2020 / Nader tot God

Die Bybel is die belangrikste boek in die lewe van ‘n Christen. Dit is waar ons God vind  en deur Hom, die ewige lewe. Ons glo dat gebed baie belangrik is. Dit is hoe ons met God kommunikeer. Dit is deur gebed dat ons berou oor ons sondes, ons prys wie Hy is en tot Hom nader met ons behoeftes.

Wat as ons gebed en Skrif getrou saam gebruik? Hoe sou ons lewens anders wees as ons elke dag die twee aanvallende wapens wat ons het, teen die vyande se planne gebruik (Efesiërs 6: 17-18)? In sy boek God’s Prayer Book: The Power and Pleasure of Praying the Psalms, beskryf Ben Patterson ‘n tegniek om deur die Skrif te bid wat ons kan gebruik met enige gedeelte van God se Woord. Patterson verduidelik die drie gebruike van die Skrif: verheug, berou en versoek.

Beantwoord die volgende vrae wanneer jy ‘n vers of gedeelte lees:

  1. Hoe kan ek verheug wees, (of God dank of prys) vanweë die teksgedeelte?
  2. Openbaar hierdie verse enige sonde in my eie lewe waarvan ek my moet bekeer?
  3. Watter versoek kan ek rig in die lig van hierdie gedeelte?

Kom ons gebruik ons SOAP-vers vir vandag as voorbeeld:

Mag wat ek sê en wat ek dink

tog vir U aanneemlik wees,

Here, my Rots en my Verlosser.

Psalms 19:15

 Laat ons die bogenoemde vrae beantwoord.

1. Hoe kan ek verheug wees, (of God dank of prys) vanweë die teksgedeelte? Ek is dankbaar en kan God prys vir die feit dat Hy my rots is. Hy is betroubaar en standvastig. Ek kan verander, maar Hy verander nooit nie. Ek kan Hom prys omdat hy my Verlosser is. Hy het my gered, selfs al hoef hy nie.

2. Openbaar hierdie verse enige sonde in my eie lewe waarvan ek my moet bekeer? My woorde, en die toon waarin ek dit sê, is nie altyd aanvaarbaar in God se oë nie en daarvoor het ek berou. Ek moet ook berou hê oor die feit dat dit wat in my hart is nie altyd rein, edel, mooi of prysenswaardig is nie (Filippense 4: 8).

3. Watter versoek kan ek aan God rig in die lig van hierdie gedeelte? My versoek is dat God my sal help om meer beheersd te word met die woorde wat ek gebruik en waaroor ek nadink. Lukas 6:45 sê dat my mond oorloop van dit waarvan my hart vol is en ek bid dat God in my hart sal werk om dit meer soos Hom te laat lyk. Nadat hierdie vrae beantwoord is, of dit in jou hoof is of neergeskryf is, kan ons dit in ‘n ware gebed saambring.

As ons deur verse of skrifgedeeltes bid, gee dit ons die kans om seker te maak dat ons gebede gevorm word deur die Woord van God. Dit help om ons gebede rondom God te sentreer in plaas van onsself. Dit is maklik om die gewoonte aan te leer om dinge van God te vra in plaas daarvan om tyd te spandeer om berou te hê en hom te prys vir wie Hy is en wat Hy doen.

Hier is ‘n waarskuwing: ons kan soms nie net deur een vers bid nie. As jy ‘n gedeelte oor koning Dawid lees, sal jy waarskynlik veel meer as een vers moet lees om die gedeelte se betekenis te kry. Ons het dit die afgelope paar weke gesien, want ons het gekyk hoe om gedeeltes behoorlik waar te neem en te interpreteer. Ons wil seker maak dat ons nie God se woord uit konteks haal nie. Deur die Skrif te bid is ‘n stap van toepassing, wat bedoel is om te volg na ons noukeurige bestudering van ‘n gedeelte.

Ek hoop dat die bid van die Skrif nie net jou gebedslewe verdiep nie, maar ook jou liefde vir die Woord van God.

Met my oë op Jesus,

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse