BEKENDSTELLING

BEKENDSTELLING

Hi my naam is Velia, ek is ‘n werkende ma van 3 volwasse  seuns en is getroud met ‘n wonderlike man al vir 31 jaar. So twee jaar gelede het ek by ‘n wonderlike groep dames by Love God Greatly aangeluit. Hulle bied ‘n aanlyn Bybelstudie aan, net die ding wat ek gesoek het om nader aan die Here te kom. Ek het by die blog aangesluit, en by ‘n Facebook-groep net as ‘n deelnemer aangesluit. Vandag lei ek daardie groep en die Afrikaanse groep – Lief God Grootliks. So ‘n jaar gelede het ek gevra of ek by die vertalingsspan kon aansluit en het toe begin om vir Jerine Coetzee te help om die studies in Afrikaans te vertaal. Na baie gedink en gebed het ek besluit om die weeklikse blog in Afrikaans te vertaal. So van die 1 Januarie 2015 sal die Love God Greatly blog (Lief God Grootliks) in Afrikaans beskikbaar wees . Ek nooi julle almal om saam met my die Woord van God te studeer. Hierdie is ‘n nuwe avontuur in my lewe en ek vra julle geduld en gebede. (Nog so baie om te leer in die wêreld van “Blogging”)

Ons nuwe studie by Lief God Grootliks is “Gemaak vir Verhoudings” en sal op 12 Januarie 2015 .

Registration

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Geen Bybelstudie is gevind nie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse