Alles Nuut

Deur WhitneyD | Desember 15, 2017 | Sy Naam Is

Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” 5Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.” Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. 7Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees “Maar dié wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.” Openbaring 21:4-8

 Redding word gevind deur God se skepping en Jesus se verlossing. Soos ‘n salf vir die verligting van pyn, sypel verlossing in elke las in en genees elke wond. Maar die hemel wis ons littekens uit. Die hartseer, verlies, angs en worsteling wat ons nou ervaar, is alreeds iets van die verlede vir ons God.

God het die dood alreeds oorwin! Hy het al die boosheid versmoor! Wat ‘n hoop en wat ‘n belofte om as ‘n nuwe skepping met Hom te leef!

In Hom is dit voltooi, maar Hy werk steeds in ons. Totdat ons met Hom is en die foute van hierdie wêreld heeltemal wegval van ons, wil God sy volgelinge gebruik om al sy kinders tot ‘n nuwe skepping te bring. Het die lees van Sy beloftes in Openbaring ‘n gevoel van dringendheid in jou aangevuur om Sy liefde met ander te deel? Bid tot God en vra Hom wie jy hierdie jaar kan uitnooi vir ‘n Kersdiens by jou kerk. Vra Hom dan vir die moed om dit te doen en bring hulle dan saam met jou.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse