Al Sy Beloftes

Al Sy Beloftes

Melissa Fuller

Advent is ‘n seisoen van wag. Ons weet die Christuskind het na ons toe gekom en dat die Messias reeds sonde en dood oorwin het. Maar ons wag vir sy wederkoms, sy tweede Advent, wanneer ons almal herstel en nuutgemaak sal word. Wanneer ons die geboorte van Christus tydens Advent en Kersfees vier, onthou ons dat ons God sy beloftes hou. Hy het beloof om ‘n Messias, ‘n verlosser te stuur om ons van ons sondes te red. Hy het dit gedoen! Hy het Jesus gestuur om ‘n perfekte lewe te leef en in ons plek te sterf sodat ons ‘n verhouding en ewige lewe met Hom kan hê.

“Kom, volk van Jakob,

laat ons lewe in die lig

wat van die Here af kom. – Jesaja 2:5

Jesaja se profesië was bedoel om die mense van Juda te waarsku dat hulle hulle moet bekeer en terugdraai na die Here, sowel as om hulle te herinner aan die hoop wat hulle het in die komende Messias. Alhoewel hulle geleef het in ‘n tyd van oorlog, chaos, verwoesting en vrees (‘n resultaat, vir die grootste deel, as gevolg van hul eie sonde), sou hulle God hulle nie verlaat nie. Hy sou ‘n verlosser, die Messias stuur wat hulle sou red en herstel.

Selfs al was daar oordeel aan die kom, het God ‘n blik op die toekomstige glorie van Jerusalem gebied. Die mense van God sou kom na sy woning; hulle sou na die Here se tempel kom en Hom volg. Hulle het teen God gesondig en sou sy toorn ontvang, maar Hy sou hulle ten volle herstel op sy perfekte tydsberekening.

Dit is die karakter van ons God. Ongeag van wat  ons gedoen het of hoe ons (persoonlik en as ‘n mensdom) teen Hom gedraai het, Hy is die God wat herstel. Hy het sy Seun gestuur as die verlosser van ons siele. Hy is ons hoop, die belofte van herstel. Wanneer ons wandel in sy leidende lig, sien ons die toekoms wat ons in Hom het.

Die mense van Juda het uitgesien na die eerste Advent, die koms van die Messias. Vandag leef ons tussen die eerste en die tweede Advent. Christus het gekom en Hy gaan weer kom! Ons leef in ‘n gebroke wêreld, maar daar is ‘n beter een wat gaan kom. Ons God belowe om wat verlore is te herstel, te verlos en te reclaim.

Soos ons hierdie Adventseisoen betree, mag ons ons harte na Hom draai en nadink oor sy karakter. Alhoewel ons wêreld gebroke is deur sonde en dood, sal niks Hom daarvan weerhou om sy beloftes te vervul nie. Ons wag steeds vir die vervulling van die profesie in Jesaja 2. Soos ons wag, mag ons voortgaan om te wandel in die Here se leidende lig, wat ons lei tot geloof en ‘n oorvloedige lewe in Hom.

Omdat God sy beloftes in die verlede gehou het, kan ons verseker wees dat Hy sy beloftes in die toekoms gaan hou. Christus het beloof om terug te keer en die wêreld te herstel, om gebrokenheid weg te neem en toe te laat dat ons met Hom leef. Wat ‘n ongelooflike voortuitsig! Soos ons ons hoop op Hom stel, kan ons rus in die wete dat die beloftes so goed as beantwoord is! Om te weet dat God sy beloftes hou, gee ons hoop dat Hy al sy beloftes sal hou. Hy het baie beloftes aan ons gemaak en Hy kom hulle almal na.

Wat is vandag jou hoop? Watter belofte benodig jy God om te beantwoord? Hou aan om te vra! Hou jou oē gevestig op Hom. Hy hou al sy beloftes. Kom ons verwag dat Hy gaan antwoord!

Week 1 Uitdaging:

Ons leef tussen twee Advents: die eerste koms van Christus as ‘n dienaar en die wederkoms van Christus as Koning. Ons weet daar is meer om te kom, net soos die Jode geweet het hulle wag vir ‘n Messias. Soos die Kersseisoen hierdie week begin, wy jouself daaraan toe om minder te doen: woon minder partytjies by, koop minder geskenke, maak minder verpligtiginge of hang minder versierings op. Verbind jou daartoe om in hierdie seisoen meer by die Here teenwoordig te wees en maak jou hart oop vir wat Hy vir jou het.

Week 1 Leesplan:

Week 1 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse