Aan Die Meisie Wat Dink Dat God Haar Nie Sal Vergewe Nie

Deur WhitneyD | Julie 6, 2018 | Waarheid Oorwin

Ek sien jou, die een wat siek is van spyt. Jy kan nie die woorde wat verhoudings onherstelbaar beskadig het, terug trek nie.

Ek sien jou, die een wat swak en verslae voel. Dieselfde sonde wat jy keer op keer belowe om nie weer te doen nie, het jou weer in sy greep, die sonde wat voortdurend jou geliefdes seermaak.

Ek sien jou, die een wat moeg is om ‘n front voor te hou. Jy het jou hele lewe so hard gewerk om dit wat jy in die donker gedoen het weg te steek, jy is bang dat die lig jou sal ontbloot en jou lewe verwoes.

Ek sien jou, die een het wat geboei is deur skaamte. Jy is ‘n gevange van daardie een besluit wat jy jare gelede gemaak het; die besluit wat die dood en die hartseer gebring het in plaas van die lewe en vryheid wat dit belowe het.

Ek sien jou, die een wat afgemat is deur die leegheid binne jou. Jou gejaag na die afgode van hierdie wêreld het jou aanhoudend van God laat weg hardloop en voortdurend tweede laat kom. Jy wonder of daar iets meer is. Daar moet sekerlik meer aan hierdie lewe wees.

Jy dink dis verby – op een of ander manier is daar nie ‘n plek vir jou as jy nie iets goeds na die tafel kan bring nie.

“As jy net geweet het wat ek gedoen het,” sê jy.

Jy dink daar is geen manier hoe God jou kan vergewe daarvoor nie.

Jy het nodig om te hoor dat God nie perfeksie soek nie. Hy wil ‘n hart hê wat ten volle oorgegee is. Jesus het nie net vir die moordenaars en diewe gekom nie. Hy het ook gekom vir die trotse, die skinderbek, die afgodedienaar, en vir elke liewe versteekte gedagte en motief wat ons laat ineenkrimp by die gedagte aan blootstelling daarvan. Hy het gekom vir diegene wat gedink het dat hulle Hom net verlangs nodig het; vir diegene wat gedink het dat hulle met genoeg poging op hulle eie sal regkom.

“Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” – 1 Joh. 1: 9

Jy kan ophou strewe, meisie.

In plaas daarvan … volhard. Onthou, dit gaan nie oor die perfekte bedekking nie. Dit gaan oor die blootstelling van ons behoefte aan Sy perfekte oplossing. Ons kan soek en probeer om in ‘n miljoen ander plekke te kyk, maar niks anders sal ons ooit tevrede stel soos Jesus nie. Hy het lief soos niemand anders nie, Hy vergewe soos geen ander nie, Hy gee vrede en hoop en vreugde en vryheid soos geen ander nie. Nie meer uitputting in jou eie krag nie. Leun nader en rus in die omhelsing van die Een wat dit alreeds gedoen het.

Jy dink God sal jou nie daarvoor nie vergewe nie? Moenie dit waag om na daardie leuens te luister nie.

Jesus se genade verander wat die wêreld ‘te gebroke’ noem. Sy genade is oorvloedig, dit maak die ruwe kante en kanaliseer ons dorings in ‘n pragtige doel en nederige diens vir Hom… as ons Hom maar net sal toelaat. Sy krag rus die swakkes toe en versterk die moeës. God gebruik die mees onwaarskynlikes omdat ons verhale sy glorie openbaar.

Is jy uitgeput onder die werk en gewig van alles?

Luister, dit sal nooit oor prestasie gaan nie. Inteendeel, laat jou lewe gekenmerk word deur aanbidding vir die Een wat jou uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig; die een wat laste en skuld en skaamte wegneem by die noem van sy Naam; daardie lam is waardig – ‘n Vriend van sondaars, die een wat jou gered en gelouter het; Die Een wat nooit ooit verander nie.

“En tog is dit Ek wat jou opstandigheid vergewe. Ek is getrou aan Myself, Ek dink nie meer aan jou sondes nie.” – Jesaja 43:25

Kind van God, Hy sê, “Ek is Hy” – die een wat jou sonde uitvee – en jy beter glo dat Hy dit bedoel.

Hy is die enigste Weg;

Die enigste WAARHEID.

Hy is die Lewe waarna jou leë siel verlang.

Omhels sy wonderlike genade – die Een wat ten volle vergewe, en dan nie weer aan jou sondes dink nie …

By sy voete,

 

 

 

 

 

 

* Kom ons gesels: Wanneer ons ons sonde bely, is Hy getrou om ons te vergewe !! Kom ons spandeer vandag tyd om Hom te prys vir alles wat Hy gedoen het!

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse