“Aan die meisie wat besig is om van God af weg te hardloop”

Deur WhitneyD | September 12, 2018 | Jona – Liefde Sonder Vooroordeel

Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is ‘n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het. – 1 Johannes 2:4-6

Daar is ‘n kultuur wat ons lok om ons eie pad te kies.

Dit maak nie saak of jy vyftien of vyftig is nie. Daar sal elke dag stemme wees wat jy verlei om op die weë van die wêreld te wandel.

Glo hierdie.

Gee hier in.

Gaan daar.

Doen dit.

Ons eie harte kan ons op ‘n dwaalspoor bring.

Ons trots en troue onafhanklikheid kan ons onderkry, en die vlak van ons geloof hang dikwels af van die omstandighede rondom ons.

Soos Jona, sê ons koppig “Nee,” wanneer God sê, “Gaan.”

Ons gee toe aan ons vlees, ons kies die maklike pad en ons probeer om van God se teenwoordigheid af weg te hardloop. Ons is suinig om genade aan ander te betoon omdat ons vergeet het hoe baie genade ons ontvang het. Die belaglikheid van om van God af weg te hardloop sou amper humoristies gewees het, behalwe dat dit verskriklik gevaarlik en sondiglik ongehoorsaam kan wees. Een dag is ons rebels besig om in ons eie rigting te gaan, en die volgende – wanneer ons desperaat is om gehelp te word – identifiseer ons as Syne: “Ek dien die Here die God van die hemel wat die see en die vasteland gemaak het.” (Jona 1:9)

O God, vergewe ons dat ons ons eie pad kies.

Vergewe ons dat ons dink ons weet beter as U.

Is jy op die oomblik, vandag… besig om van God af weg te hardloop?

_______________________

Miskien hardloop jy weg van die beskerming en vryheid van God se pad en bevind jy jouself op ‘n rebelse pad van sonde.

Miskien hardloop jy weg van gebroke verhoudings wanneer God jou duidelik lei na versoening.

Miskien hardloop jy weg van ‘n bedieningstaak wat te groot of te onmoontlik lyk en is jy besig om meer tyd te spandeer om te fokus op jou swakheid, in plaas van om op sy krag staat te maak.

Miskien hardloop jy weg van die ongemaklike – die mense… die stad… die werk… die onbekende – omdat die druk van alle kante af feller word en jy kan glad nie sien hoe dit alles gaan uitwerk nie.

Miskien hardloop jy van God self weg – deur ultimatums aan die Skepper van die Heelal te stel, en kondig jy koppig aan dat jy nie sal glo voordat jy eers gesien het nie (sien Johannes 20:29).

_________________________

Ons kan hardloop, maar, prys die Here, Hy sal ons nie te ver laat gaan nie. Hy is ‘n God wat sonder ophou najaag; ‘n God wat barmhartig vergewe; ‘n God wat sulke ongelooflike genade uitreik dat ons nooit, ooit te ver weg is nie. Dit mag ‘n harde en moeilike stap wees, maar glo HOM wanneer hy sê dat ongelooflike vryheid wag vir diegene wat volgens die Gees wandel (Romeine 8:1-4).

Miskien moet jy hierdie week hierdie volgende drie sinne op ‘n kaartjie skryf. Plaas dit waar jy dit die meeste nodig het – in jou Bybel, op jou spieël, in jou handsak of in jou kar, of miskien selfs onder jou kussing – wanneer jy nie vrede ervaar nie en wanneer oortuiging kom. Vul jou gedagtes elke dag met God se Woord en herhaal wat jy weet wat waar is (selfs as – veral as – jy dit nog nie heeltemal kan voel nie).

God het hierdie situasie in sy hande.

Hou op om weg te hardloop.

Begin om te vertrou.

Gaan waar Hy sê om te gaan. Bly waar Hy sê om te bly. Doen wat Hy sê om te doen. Jy kan vinnig en met vertroue gehoorsaam wees, want sy weë bring altyd lewe, doel, vrede en voorsiening – op sy tyd en sy manier.

By sy voete,

 

 

 

 

Kom ons gesels: As jy vandag ‘n besluit maak om op te hou om van God af weg te hardloop, laat weet ons asseblief in die kommentaar (en vind iemand plaaslik wat jou kan aanmoedig en verantwoordbaar kan hou). Ons span sal geëerd wees om vir jou te bid.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse