Dapper Om Die Goeie Stryd Te Stry

Dapper Om Die Goeie Stryd Te Stry

Angela

Ons leef in ‘n wêreld wat nodig het om dapper vroue te sien uitstyg bo die res.

Ek het die eer en voorreg om drie dogters groot te maak. Meer as enigiets is my begeerte dat hulle God baie toegewyd sal volg. Ek wil hê dat hulle moet kies om teen-kultureel te leef en te vlug van wat die wêreld as waardevol sien, terwyl hulle kies om dapper te wees, gelei deur die lig van God se Woord.

Dapper in hoe hulle leef vir God se glorie.

Dapper in hulle alledaagse keuses.

Dapper in dit wat hulle toelaat om hulle te definieer.

Dapper in dit wat hulle laat vaar.

Dapper in dit waaraan hulle vasklou.

Net soos God se barmhartigheid elke oggend nuut is, is my gebed, oggend na oggend, dat my dogters sal uitstyg ​​en kies om dapper te wees, om te leer om hulle geloof in God te vestig en sy Woord aktief uit te leef.

Maar maak geen fout nie: Ons wêreld is geen sprokie nie. Daar is ‘n geestelike oorlog rondom ons, ‘n geveg vir ons harte, gedagtes en ewigheidsbestemming.

Elke dag het ons die keuse om dapper te wees.

‘n Keuse om geregtigheid en godsaligheid na te streef.

‘n Keuse om deur die geloof te lewe en nie in vrees nie.

‘n Keuse om lief te hê in plaas daarvan om te haat.

‘n Keuse om te uit te hou in plaas van opgee.

‘n Keuse om teer te wees in plaas van fel.

‘n Keuse om soos Jesus te leef … ‘n bietjie meer elke dag. Dis hoe dapper lyk.

Om dapper te wees is baie soos om soos Jesus te lyk.

Wees sterk, wees vasberade … moenie bang wees nie. (Josua 1:9)

Een van die grootste leuens is die oortuiging dat ons in ons eie krag dapper kan wees … dat ons alleen op ons eie kan staan.

Keer op keer sien ons vanuit die Ou- en Nuwe Testament die belangrikheid daarvan om saam dapper te wees.

Jesus het sy dissipels twee-twee uitgestuur. (Markus 6:7)

Moses en Aäron, was ‘n kragtige duo. Netso ook Rut en Naomi en Paulus en Lukas.

Twee is beter as een.

“want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.” (Matteus 18:20)

Ek moedig jou aan terwyl ons ‘n nuwe jaar begin om jou vriendinne, susters, ma’s en dogters te neem … en SAAM, met God as ons bevelvoerder, die goeie geveg te veg.

So maak gereed deur die wapenrusting van God in Efesiërs 6:10-18 aan te trek, want hierdie stryd waarin ons ons begewe, is nie van hierdie wêreld nie.

“Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.” Efesiërs 6:12

Selfs al weet ons dat hierdie wêreld nie ons tuiste is nie, beteken dit nie dat ons net moet opgee en weier om te staan ​​teen die aanslae rondom ons nie. Nee, ons as die dogters van die Koning van die Konings, weet dat Hy wat in ons is, groter is as hy wat in die wêreld is (1 Joh. 4:4).

So, met dit in gedagte, kom ons staan op ​​en raak betrokke in die stryd in die wete dat God ons vir ‘n tyd soos hierdie, hier geplaas het. Ons is gemaak vir hierdie stryd.

Ons sal nie meer ledig staan teenoor ons huwelike, kinders, huise, land en kerke nie.

Liewe vriendinne, dis tyd om uit te styg ​​en dapper te kies.

Kom ons gesels: In watter een gebied kies jy om dapper te wees hierdie jaar en van waar sluit jy by ons aan?

Hê God Groots Lief!

Week 1 Uitdaging: Neem die eerste stap. Wat roep God jou om in dapper te wees in die komende jaar? Neem tyd hierdie week om te bid en sy aangesig te soek. Skryf dan in jou joernaal watter stappe jy moet neem om te kies om dapper te wees in daardie gebied van jou lewe hierdie nuwe jaar!

Week 1 – Leesplan

 Week 1 – Memoriseervers

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse