Deur Hom Bly Alles In Stand

Deur Hom Bly Alles In Stand

Deur Angel | November 12, 2018 | Beloftes van God

Wanneer die lewe swaar raak, is dit soms moeilik om te verstaan ​​wat God besig is om te doen. Dit wil voorkom of aanvalle op ons lewens reën soos golwe van die oseaan wat hulself op ‘n strand uitwoed. Een na die ander.

Wanneer dit gebeur, voel God se beloftes so ver en begin ons twyfel of sy beloftes ooit waar is.

Dis waarom Kolossense 1:15-16 so belangrik is.

Hoewel God onsigbaar is, is Jesus nie.

Wanneer ons wonder hoe God is, hoef ons net na Jesus te kyk.

Wanneer onsekerheid en vrese aan ons kom knaag, moet ons hierdie belangrike waarheid altyd onthou: ALLE dinge, beide in die hemel en op die aarde, is deur Hom en vir Hom geskape. Dit beteken dat hierdie hele wêreld, so gek soos dit lyk, steeds onder sy beheer is.

Ons kan rus in die waarheid dat, ongeag wie in beheer is van ons lande, maatskappye, skole of enige ander organisasies, JESUS bly uiteindelik in beheer oor almal en alles.

Jesus is verhewe bo alles en Hy het geen mededinger nie.

JESUS, die sigbare beeld van ons onsigbare God.

Wanneer ons vind dat ons wonder hoe God regtig is, of Hy omgee vir ons terwyl ons wêreld buite beheer spiraal, is al wat ons moet doen om te kyk na die lewe van Christus.

Wanneer ons dit doen, sien ons ‘n sondelose Verlosser wat gewillig aan die Kruis gesterf het vir sondaars.

Ons sien ‘n Verlosser wat in sy dae op aarde die vuil strate deurkruis het, brood gebreek het met sy vriende rondom die etenstafels, die siekes gesond gemaak het en deernis gehad het vir dié waarvoor die ander nie gehad het nie.

Kolossense 1:17 sê dat Jesus alle dinge in stand hou.

As gevolg van wie Jesus is, kan ons vertroos word deur die belofte dat Hy alles in stand hou, selfs ons gebroke en dol lewens.

Liewe vriendinne, ons is nie ‘n maklike lewe beloof nie. Ons is nie ‘n lewe sonder beproewinge, pyn of verraad beloof nie. Wat ons wel belowe is, is dat, ongeag waar ons was, waar ons is of waarheen ons oppad is … God is met ons. (Johannes 16:33)

Van die begin af was Jesus aan die werk in ons wêreld en in ons lewens. Niks is toevallig nie. Hy is besig om die wonderlikste verlossingsverhaal van alle tye deur sy verlossende genade in ons lewens te skryf.

Maak nie saak hoe deurmekaar jou lewe tans lyk nie. Maak nie saak in hoeveel stukkies jou hart gebreek is nie, Jesus is kragtiger as dít wat jou daardie pyn veroorsaak het. Jy mag dalk dink dat jou lewe onherstelbaar gebroke is, maar Jesus sien ‘n vernuwing wat tans aan die gang is.

Rus vandag in die wete dat Jesus in beheer is. Soos Hy die wêreld in stand hou, kan Hy ook jou hart in stand hou.

Hê God groots lief!

Kom ons gesels: Hoe het God jou lewe vernuwe?

Uitdaging: Noem iets in jou lewe wat jy vir Jesus moet oorgee om te vernuwe en te genees.

Week 4 Leesplan

Week 4 Memoriseervers

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse