Ek onthou toe ek hierdie gedeelte gelees het toe ek in die hoërskool was en dit was skrikwekkend vir my.
“Maar die dag van die Here sal so onverwags soos ‘n dief kom.” 2 Petrus 3:10
Ek weet nie van julle nie, maar ek is nie lief vir verrassings nie … .
Ek wil graag weet wat om te verwag … die tyd van die byeenkoms, die datum … jy weet, die presiese besonderhede.
Tog, sien ons hier Jesus se belofte dat Hy sal terug kom en wanneer Hy terugkom sal dit skielike en sonder waarskuwing wees … maar geen presiese besonderhede is gelys nie.
Alhoewel, ons nie ‘n dag en tyd gegee is nie, weet ons soos elke dag verby gaan, ons eendag nader aan Sy finale terugkeer is.
Om hierdie rede, bid ek ernstig en vas ek vir my familie en vriende wie nie gered is nie.
Soos jy hierdie waarheid te hart neem, hoe moet ons ons lewens lewe? Petrus vertel ons in verse elf en twaalf
Aangesien al hierdie dinge so aan hulle einde gaan kom, moet julle des te meer vroom en aan God toegewy lewe. Leef in verwagting dat die dag van God kom en beywer julle daarvoor, die dag waarop die hemel in vlamme sal vergaan en die hemelliggame sal brand en wegsmelt. 2 Petrus 3:11-12
-
Ons moet heilige en godvresende lewens lewe …
“Christene behoort verskillend te wees, nie vreemd nie. Wanneer jy verskillend is, lok jy mense, maar wanneer jy vreemd is, gee jy julle aanstoot.” Warren Wiersbe
Ons is geroep om “heilige” lewens te leef… lewens wat apart gestel word vir God .
Ons is geroep om “goddelike” lewens te leef… lewe gewy om God te plesier uit ons liefde vir Hom. Lewens wat begeer om God lief te hê met ons hele verstand, hart en siel. Elke area van ons lewe is gefokus om die wêreld te sien deur middel van sy oë en lief hê uit die oorloop van Sy hart.
2. Ons behoort uit te sien na Christus se tweede wederkoms
Soos ons besef dat Christus wel terugkeer behoort ons te belê in ons kosbare dae wat werklik saak maak ….God en ander.
Enigiets anders … al die besittings waarvoor ons so hard gewerk het, sal vernietig word, net wat ewig is sal voortduur.
Dit is hoekom ons nodig het om nou ons wedloop goed te hardloop .
Dit is hoekom ons nodig het om gefokus te bly op wat werklik belangrik is in hierdie lewe en nie afgelei word deur “dinge” wat nie saam met ons in die ewigheid kan gaan nie.
Ons moet ernstig kyk en werk aan ons Geliefde se terugkeer … Hom te dank vir Sy geduld soos Hy wag vir ons liewe vriende en familie om te bekeer en na Hom toe te draai.
3. Ons behoort aktief in gebed te wees vir Sy tweede wederkoms…
“Leef in verwagting dat die dag…...” 2 Petrus 3:12
In die Here se gebed, het Jesus ons geleer om te bid “Laat U koninkryk kom …” Ons is genooi om te bid en deel te neem in die inlui van Christus se wederkoms .
““…As dit God se werk vandag is om mense uit te roep vir Sy naam (Handelinge 15:14 ), hoe gouer sal die kerk voltooi wees, hoe gouer sal ons Here terugkeer . ” – Warren Wiersbe
Ohhh vriende, wat ‘n wonderlike toekoms het ons om na uit te sien. Laat ons nie ons lewens mors op die temporal nie… laat ons oordeelkundig belê in ons dae, ons lewens uitgiet in ander, Christus deel en ons geloof in aksie sit.
‘Die wêreld kyk en ons het nie veel tyd nie … wat as Dit hierdie generasie is wanneer Christus terugkom ?
Kom ons praat :
Kom ons doen vandag ‘n bietjie iets anders. Vir dié van julle wat vriende of familie het wat nie gered is nie, gaan voort en los ‘n kommentaar. Dit kan eenvoudig net wees “vriend ” of ” geliefde ” … .en laat ons ernstig oor die genoteerde vriende en familielede bid. Na jy ‘n gebedsversoek gelos het op ons “blog”, gaan bid oor iemand anders se geliefde en los ‘n kommentaar om te verklaar dat jy gebid het vir daardie persoon . Kom ons staan saam en bid dat God kragtig sal beweeg in hierdie vriende en familielede se lewens and dat hulle ook God se gratis geskenk van verlossing sal ontvang!
Lief God Grootliks
Moenie vergeet nie, ons nuwe somer studie begin 15 Junie !
Deel hierdie beeld met jou vriende en nooi hulle om saam met ons hierdie somer Psalm 119 te studeer!