Vier saam met ons… ons {1 & 2 Petrus) Vertalings is VANDAG beskikbaar!!!!
Die internet is ‘n wonderlike ding! Nie ‘n dag gaan verby dat ons God nie dank vir die ongeloflike geleentheid wat Hy vir ons gee om vroue reg oor die wereld te inspireer, aan te moedig en toe te rus om in God se Woord te kom met die klik van ‘n muis. Dit is‘n voorreg wat ons nie liggies neem nie. Maar julle ouens, dit raak al hoe beter.
Daar is hierdie kosbare, kosbare vroue.
Vroue wat ‘n gawe in tale het, en my genugtig het hulle hart.
En wilskraag.
En vasberadenheid
En ‘n hele klomp onbaatsugtige liefde.
Hulle werk hard by hulle werke, by die skool en in hulle huise gedurende die dag, en dan vertaal hulle ons LiefGodGrootliks (LoveGodGreatly) studies in die aande. Wat in die wereld. Wanneer niemand kyk nie, maak hulle die woorde lewendig, en om dit te doen, sit hulle die gereedskap in die hande van vroue wat nooit anders toegang tot die Bybelstudie materiaal in hulle eie taal gehad het nie. Dit is koninkryk werk, my vriendinne, oorweldigend, pragtige agter-die-skerms koninkryk werk en ek glo heelhartig dat eendag sal die hemel ‘n bietjie anders lyk as gevolg van hoe God hierdie getroue vroue gebruik het.
Soooo. Sonder verdere uitstel, is ons verheug om tien {1 & 2 Petrus} vertalings aan te kondig.!!
Afrikaans.
Czech.
Hollands.
Frans.
Duits.
Italiaans.
Malagasy.
Spans.
Russiese.
Sjinees
‘n Groot DANKIE aan die ongelooflike vroue wat hierdie vertalings moontlik gemaak het. Ons is lief vir julle, ons is deur julle geinspireer, en ons dank God vir jou …. Oor en oor en oor.
Kan u – of ken u iemand – wat kan baat vind by ons {GRATIS} hulpbronne van ons {1 & 2 Petrus} studie, in een van die tale hierbo gelys? “ Click“ eenvoudig op die skakel hieronder om toegang te kry na {1 & 2 Petrus} Leesplan en Studiegids vir die 10 vertalings wat aangebieid word vir hierdie studie.
https://liefgodgrootliks.wordpress.com/1-2-petrus-vertalings/
Vir die Afrikaans Studiegids en Leesplan gaan na 1 & 2 Petrus Vertalings toe of “click” op Studiegids en Leesplan.
Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel,
hoog bo die aarde u mag.
Psalm 108:5
Oh God, mag U glorie die hele wêreld vul!
By Sy voete,
DAAR IS NOG TYD om by ons aan te sluit vir ons Aanlyn Bybelstudie {1 & 2 Petrus), maar moenie te lank wag nie …. Ons studie begin MAANDAG! Kry ‘n paar vriendinne en sluit vandag by ons aan. Dit sal nie selfde wees sonder u nie!
Hoe, as volgelinge van Christus, kan ons sterk staan in ‘n wêreld gevul met vervolging, swaarkry, lyding, verdeeldheid en vals-onderrig? God se Woord het die antwoorde! Die boeke van 1 & 2 Petrus spreek hierdie baie kwessies – nie net om hulle te identifiseer as ‘n ware en huidige gevare – maar ook prakties bemagtiging en moeë gelowiges toe te rus om op te staan, om goed te ly en ook om voort te druk vanweë die hoop wat in ons leef!
Voel jy die gewig van die wêreld? Het jy lank gely met geen einde in sig nie? Voel jy meer en meer soos ‘n vreemdeling in ‘n vreemde land? Vind dan hoop saam met ons, soos in induik in {1 & 2 Petrus}, ons splinternuwe # LiefGodGrootliks 8-week aanlyn Bybelstudie!
” Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is, maar deur God vir die ereplek uitverkies is. Laat julle as lewende stene opbou tot ‘n geestelike huis, om ‘n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is.” ~ 1 Petrus 2: 4-5
Moet nie hierdie geleentheid misloop om te groei en word aangemoedig in jou geloof soos ons God se Woord saam studeer nie! Neem ‘n paar vriende en sluit aan by ons begin 23 Maart … dit sou nie dieselfde wees sonder jou nie!
#LiefGodGrootliks # 1 & 2 Petrus