Ek onthou my ouma – Nana, soos ek haar genoem het –soos ek met my ma gepraat het oor die belangrikheid van die nalaat van ‘n erfenis aan haar kinders en kleinkinders laat een aand toe ek in die hoërskool was.
As ‘n tiener, onthou ek hoe snaaks dit geklink het. Hoekom moet sy geld vir ons nalaat om te geniet wanneer sy nou die geld kan geniet? Ek weet sy het drome gehad om die wêreld te reis en ‘n toevoeging tot haar huis aan te bou, soos waarvan sy altyd gepraat het. En ons was nie ‘n familie wat dit breedt gehad het nie, alhoewel my oupa sy hele lewe hard gewerk het in ‘n motor fabriek in Indiana waar my familie gewoon het. Ons het geweet wat se opoffering dit gekos het om haar geld elke maand weg to sit in die bank. Maar my Nana was ‘n vrygewige vrou. Sy was lief vir om te gee en diegene te seën in haar familie. Dit het haar vreugde gebring om vir haar geliefdes te help.
En so het sy gepraat oor hierdie erfenis wat ons eendag sou kry, ons sou glimlag, haar soen op haar voorkop en en haar bedank vir haar gewende hart, nooit van hê of ‘n pennie verwag nie.
Soos die jare verby gegaan het, is my dierbare oupa oorlede, en ‘n paar jaar later het my Nana uiteindelik in ‘n tehuis in getrek. Ohhh ons het probeer om haar om te praat om Texas toe te trek en by ons te kom bly, maar nie daardie Indiana gebore en getoë vrou nie. Hoewel sy lief was vir haar familie in Texas, kon sy nie oor die gedagte kom om nie in dieselfde area te wees waar sy al haar hele lewe gebly het nie. Ons het geleer dat jy Nana kon uitneem uit Indiana maar jy kan nie Indiana uit Nana neem nie. Indiana was in haar bloed en in haar hart. Sy kon net nie wortel hier in Texas groei nie, so sy is terug Indiana toe om naby ons familie daar te woon.
Tog maak geen fout, elke keer as ons gaan om haar te besoek sou sy ons herinner aan die erfenis wat sy vir ons opgeoffer het; die erfenis wat vir ons wag. En besoek na besoek sal ons glimlag, haar soen op haar voorkop en haar bedank.
Soos die jare aangestap het, het haar soet opofferende erfenis afgeneem soos die koste van die tehuis toegeneem het. Uiteindelik het die erfenis wat sy jare lank in belê het, weg … en sy was hartseer. My Nana het gehuil toe sy ons vertel het. Al die jare van spaar, opoffer: weg in haar oë, maar nie in ons s’n nie. Soos altyd, sou ons glimlag, afleun en haar soen op haar voorkop en hierdie keer het ons haar vertel dat sy reeds vir ons die beste erfenis gegee het wat ‘n Nana kon …. liefdevolle herinneringe van ‘n vrou wat haar gesin met elke deel van haar hart liefgehad het.
My dierbare Nana is nou in die hemel, en sy ervaar die werklikheid van die wonderlike erfenis waarvan Petrus praat in Hoofstuk Een. ‘n Erfenis wat nooit vergaan nie, bederf of vervaag nie. ‘n Onbeperkte bankrekening wat nooit leeggemaak kan word deur te veel onttrekkings nie.
Dit is die werklikheid vir diegene wie gevind is in Christus. Hier skryf Petrus ‘n brief van hoop na ‘n volk, toe en nou, wie ly, seer het … wat nodig het om herinner te word daar hierdie wonderlike erfenis is wat vir hulle wag wanneer hulle die hemel bereik. ‘n Erfenis soos enigiets wat hulle ooit kan aan dink. ‘n Plek met geen meer pyn, treurigheid of hartseer. ‘n Plek waar ons uiteindelik volledige, geheel … en sonder sonde is.
Die plek van ons hart en gedagtes is seer sedert ons het ons eerste asem ingeasem het. Tuis. Ons ware tuiste
Soos ons delf in 1 Petrus hierdie week, laat ek eindig met hierdie aanmoediging
Soos Petrus aan die begin van Hoofstuk Een sê, ons is vreemdelinge in die wêreld.
Dit is nie ons tuiste nie. So laat ons begin leef met hierdie waarheid in gedagte.
Kom ons hou op om hemel hier op aarde te maak.
Kom ons hou op om te “spaar” vir die toekoms, en in plaas daarvan kom gooi ons lewens die NOU.
Jesus kom terug na julle almal toe, en met die verloop van elke dag word Sy aankoms al hoe nader en nader. Kom ons spandeer ons dae oordeelkundig, en belê in wat sal duur vir ‘n ewigheid….
Kom ons praat:
Hoe kan die fokus op die feit dat diegene wat gered word, ‘n ongelooflike erfenis het wat vir hulle wag in die hemel jou uitkyk van die lewe verander?
Lief God Groortliks!
Week 1 Video
http://www.youtube.com/watch?v=lOo2ffueoj4
Week 1 Memoriseer Vers
Week 1 Uitdaging
Week 1 Leesplan
Nota: Ons leesplan (engelse leesplan) is ook op YouVersion! Click hier om vandag te begin!
Nuut tot Lief God Grootliks? Welkom dierbare vriendin!